Voer vir ‘n Boer

Rustenburg – Voer vir ‘n Boer is gestig deur ‘n paar Rustenburgse besigheidsmanne om boere in droogtegeteisterde areas te help met voer vir hul vee, kos vir hul gesinne, en die basiese behoeftes van hul werkers. Voer vir ‘n Boer is afhanklik van skenkings.
Hulle beplan ‘n uitreik na Loeriesfontein om kos en ander noodsaaklikhede aan boere en hul werkers te oorhandig op Vrydag 9 Julie.
Wat kort hulle broodnodig?
- Blikkies kos
- Toiletware
- Rys
- Suiker
- Koekmeel
- Baba produkte
- Toiletpapier
Donasies kan afgelewer word by 1 Kwartelsingel, Rustenburg. Vir meer inligting kontak Izelle Sultanom op 067 427 8118, Hennie Pieterse op 076 455 7710, of JJ du Preez op 082 567 0363.
