Community

In remembrance

6 April 2021 · Platinum Bushvelder

In remembrance

Ian Bodenstein is op Dinsdag 23 Maart oorlede. Ian was van 2009 tot 2014 ‘n onderwyser by Hoërskool Frikkie Meyer en het in die handelsvak departement gewerk. Hy het in die senior fase besigheidsstudies gegee en EBW vir die juniors. Almal wat hom geken het sal hom onthou as ‘n positiewe persoon wat altyd reg was vir ‘n uitdaging. Hy was ‘n man wat bitterselde kwaad geword het en het altyd almal gemotiveer om in hulself te glo. Dit is ‘n groot verlies vir die hele Thabazimbi gemeenskap en ons innige meegevoel gaan uit na sy vriende en familie.