Community

In remembrance

31 March 2021 · Platinum Bushvelder

In remembrance

Thomas Venter, ‘n geliefde inwoner van Thabazimbi, is op Sondag 14 Maart oorlede. Hy was van 1993 tot 1998 adjunkhoof by Laerskool Thabazimbi en het vir ‘n tyd lank ook as hoof waargeneem. Hy los sy vrou Hannetjie Venter, seuns Gerhard, Ampie, en Tommy met hul vrouens en vyf kleinkinders agter. Hy was ‘n baie goeie, geduldige mens met ‘n sagte plek vir ander. Hy was altyd bereid om almal te help en was ‘n uitstekende eggenoot, pa, en oupa. Daar sal beslis ‘n leemte wees in die lewens van almal wat hom geken het.