Community

SAVF se nuwe maatskaplike werkers

12 March 2021 · Platinum Bushvelder

SAVF se nuwe maatskaplike werkers

Thabazimbi – Dalene Delport en Suné Bronkhorst is twee nuwe maatskaplike werkers wat by die SAVF Thabazimbi-span aangesluit het. Albei het aan die Universiteit van Potchefstroom hul grade verwerf en het vroeg in hul lewe besef dat maatskaplike werk vir hul ‘n roeping is.


Die SAVF doen fantastiese werk en help gesinne met meer as net kos pakkies. Hul reik ook uit na skole, help bejaardes, en poog om werklik ‘n verskil te maak in hul gemeenskap. Die maatskaplike werkers is ook baie kundig oor familieregte en hou tans toesigstryde oor kinders. 


Probleme soos dwelmgebruik onder die jeug is ook tans ‘n groot probleem in Thabazimbi en hul vra die gemeenskap om uit te reik en hul by te staan om meer geleenthede te skep vir die jeug om besig te bly eerder as om na dwelms te draai.
Indien jy meer inligting wil hê of betrokke wil raak, kontak SAVF Thabazimbi 
by 014 777 1093.

Van links: maatskaplike werker Delene Delport, diensbestuur voorsitter Annelie Connear, Suné Bronkhorst, en admin Christelle Barnard.