Headlines

Thabazimbi spog met aspirant kunstenaars!

1 December 2017 · Platinum Bushvelder

Thabazimbi spog met aspirant kunstenaars!

Thabazimbi – Sowat 21 opgewonde gesiggies aan die Petro’s School of Art and Gallery kunsskool in Thabazimbi is beloon vir hul harde werk deur die jaar. 


Tong in die kies en kwas in die hand het die jongspan hul vernuf opgeskerp deur die jaar om die perfekte kunswerk vir hul geliefdes te skep. Sommige van die kunswerke is selfs te koop by juffrou Petro se gallery! 

In ‘n onderhoud met die Platinum Bushvelder koerant, sê Petro van der Merwe: “Ek is baie trots op ieder en elke kunstenaar hier vandag. Die Here het vir jul wonderlike talente gegee en ek is werklik beïndruk met jul vordering en harde werk!” Díe geleentheid is gevier by Koolstoof op Vrydag, 24 November, en elke leerder het twee sertifikate ontvang; een sertifikaat het aangedui watter tipe kuns hul beoefen het, en die ander hul punte. 

Hier pronk leerders van die Petro’s School of Art and Gallery kunsskool met hul kunswerke.
Petro van der Merwe