Community

In remembrance

12 March 2021 · Platinum Bushvelder

In remembrance

Northam – Martha Johanna Vosloo of ‘tannie Martie’ soos die gemeenskap haar geken het is op Saterdag 6 Maart oorlede.


Familie en vriende beskryf haar as ‘n dierbare vrou wat baie lief was vir kinders en altyd vol grappe was. Vir haar seun en skoondogter by wie sy vir die afgelope 23 jaar gebly het, was dit ‘n voorreg om haar in hulle huis te hê. Almal wat haar geken het was baie lief vir haar en sy los beslis ‘n leemte in die Northam- en Swartklip gemeenskap.