VLU Northam skop die jaar af

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op Donderdag 11 Februarie vergadering gehou te Swartklip. VLU Northam voorsitter Desré Janse van Vuuren het die lede terug verwelkom waarna streeksvoorsitter Riana Oosthuizen ‘n werkswinkel aangebied het oor hoe om ‘n juwelesakkie te maak.
Kompetisie artikels is demonstreer deur Mari Meintjes wat die lede se geheue verfris het oor die moets en moenies van die gehekelde onderbaadjie. Annette Botha wat ‘n ou hand in die kombuis is, het meer inligting gedeel oor die drie-sitrus repies-marmelade. Om deel te wees van VLU Northam, kontak skakelbeampte Chantell Steynberg (skakelbeampte) op 061 326 2724.
