WEN, WEN, WEN!

Thabazimbi – Ondersteun die Sopkombuis en staan ‘n kans om ‘n rekenaarkursus ter waarde van R4,200 te wen.
Hoe dit werk:
- Koop 'n snoepmandjie teen R100 by Thaba Superspar, West Pack Express Thabazimbi of Pick n Pay Thabazimbi.
- Vul ‘n inskrywings vorm in en gooi dit in die boks.
Al die snoepmandjies wat geborg is sal dan aan die Thabazimbi Sopkombuis oorhandig word. Die projek is trots geborg deur Creative Minds Thabazimbi en is geldig van Vrydag 23 Oktober tot 4 Desember. Die trekking sal op 7 Desember plaasvind.
