Pak ‘n boks vir ‘n boer

Thabazimbi – Boere in die Vrystaat het ongelooflike skade gely as gevolg van brande wat deur verskeie plase in verskeie streke verwoesting gesaai het.
Talle boere het alles in die brande verloor en jy kan help deur 'n boks te pak met nie-bederfbare kos en ander produkte wat aan die boere oorhandig sal word. Bokse kan afgelewer word by 45 Diederik straat, Thabazimbi voor Vrydag 20 November.
Vir meer inligting kontak Ertjies de Witt op 081 551 0840.
