Patroontjie die haan

Dwaalboom – Patroontjie, die hoenderhaan is deur Alida Schoeman grootgemaak op ‘n plaas buite Dwaalboom.
Al die eiers in die nes is deur ‘n slang opgevreet en net Patroontjie het oorgebly. Na sy ma deur ‘n hond doodgebyt is, het Alida hom ingevat en hy is nou soos ‘n troeteldier in haar huis. “Ons het Patroontjie op meel en budgie-saad grootgemaak en hy het ‘n pragtige haan geword. Hy raak selfs opgewonde as hy ons sien want dan weet hy, hy gaan iets lekker kry,” sê Alida.
