Dankie aan gemeenskap van Maroelasfontein Skrywe aan die redakteur

Maroelasfontein – Namens Theo van Wyk van Altyd Wakker Winkel en die Maroelasfontein Andalusite Resources myn, wil ons almal hartlik bedank vir die massiewe hulp om die monster van ‘n brand van Woensdag, 8 November en Donderdag, 9 November te beveg en bekamp.
Daar was boere met hul werkers, brandspanne, besigheidsmense, reaksiespanne en selfs ‘n groep vrouens wat skouer aan die wiel gesit het en help vuur blus het!
Die getalle vegters wat opgedaag het, was verstommend en dit is ‘n riem onder die hart. Dit wil gedoen word!
Maroelasfontein leser
