Schools & sport

SA RUGGAS & INTERNASIONAAL

9 October 2020 · Platinum Bushvelder

SA RUGGAS & INTERNASIONAAL
  • Die proefwedstryd wat op Nuweland plaasgevind het, was dalk nie so geslaagd soos gehoop is nie ou grote... Dit was eintlik ‘n uiters vervelige middag met planlose ruggas wat deur beide die Groen en die Goud span gespeel is. Die nuwe Bok coach slaap beslis nie deur nie – want as hy nou die All Blacks moet speel gaan dit ‘n nare affêre wees!
  • Die plaaslike Super Ruggas skop die naweek af en hopelik sal ons daar vonkel ruggas beleef.
  • Vrydag aand om 19:00 in Durban draf die Haaie teen die Leeus uit. Saterdag 16:30 speel die Cheetahs teen die Pumas in Bloemfontein en om 19:00 pak die Bulle die Griekwas op Loftus.
  • Die Vrystaat Cheetahs is uit die PRO 14 reeks uitgelaat en dit kan hierdie Blikore behoorlik aanspoor om weer die Curriebeker kampioen te wees.

In Wellington draf die All Blacks teen die Wallabies uit in die eerste Bledisloe Cup toets, Sondag 11 Oktober. Ironies is dit beide die coaches se eerste toets, Dave Rennie vir die Aussies en Ian Foster vir die Kiwi's. Duisende ruggas ondersteuners gaan die game bywoon en alle kaartjies is uitverkoop. Geniet die ruggas maats!

Nag ou grote...