Community

VLU Northam weer terug in aksie

5 October 2020 · Platinum Bushvelder

VLU Northam weer terug in aksie

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op Donderdag 10 September hul eerste vergadering gehou na die inperking. Tydens die vergadering het lede seker gemaak dat hulle die COVID-19 reëls getrou volg.

VLU Northam-tak voorsitter Desire Janse van Vuuren het inligting gedeel oor die Kremetartboom wat as die 2020 boom van die jaar aangewys is. Die dames het ook lepelsteeltjies gebak en daar is heelwat raad gedeel oor wanneer om die konfyt in te sit. Marietjie van der Merwe het demonstreer hoe om steggies op die regte manier te plant en watter kompos om te gebruik.

Om deel te wees van die VLU Northam-tak of vir enige informasie, skakel Chantell Steynberg gerus by 061 326 2724.

 

Lepelsteeltjies wat deur van die lede gebak is.
Marietjie van der Merwe besig om steggies te plant en raad te gee.