Super rugby

AUSTRALIAN DOMESTIC
Rebels vs Waratahs
Die Rebelle het tot die einde hard geveg maar die hardnekkige verdediging van die Tahs was net te goed. Die Tahs wen 38-32 en is tans dan in die derde plek in die kompetisie. Die Wallabie cappie, Michael Hooper, het besluit om sy ruggas in Japan voort te sit en gaan by Steve Hansen se klub, Toyota Verblitz, saam Kieran Read speel.
Die Rebels wat in die vierde plek is, speel volgende teen die Force en kan met ‘n bonuspunt oorwinning tot in die derde plek inskuif met die Tahs wat 'n loslootjie geniet.
Brumbies vs Western Force
Die Force se gesukkel duur voort en is nog steeds segeloos. Die Brumbies wen gemaklik 31-14 en is nou op 28 punte met die Reds in die tweede plek op 21 punte. Die Brumbies speel volgende teen die Reds en ‘n oorwinning kan hulle tot in die finaal bring.
PRO 14 RUGGAS
Met die geskinder in die gange dat daar dalk vier SA spanne volgende jaar in die Pro 14 gaan speel is daar skielik meer belangstelling in daai geweste. Vier spanne het tot die semi-finale deurgedring in die kompetisie met ‘n gesonde SA invloed.
Leinster speel teen Munster. Vir Munster gaan Jean Kleyn, CJ Stander en Damian De Allende uitdraf. RG Snyman moes onttrek weens ‘n besering. Daar is geen SA spelers in die Leinster span nie.
In die ander semi-finaal speel Edinburgh teen Ulster. Pierre Schoeman, WP Nel, Nic Groom, Jaco van der Walt en Duhan van der Merwe is in die Edinburgh span ingesluit. Vir Ulster is die ysters Marcell Coetzee en Louis Ludik ingesluit. Marcell is ook die cappie van Ulster.
NIEU-ZEELAND: NORTH VS SOUTH
In Kiwiland is daar groot opgewondenheid oor die jaarlikse noord/suid derby wat uiteindelik plaasvind. Daar is veertien Crusaders wat in die twee spanne gaan opdraf.
Vir die Suid Span gaan onder andere spelers soos Jordie Barret, George Bridge, Will Jordan, Jack Goodhue, Shannon Frizell en Braydon Ennor uitdraf. Sam Whitelock is die cappie vir die suide.
In die Noorde se span wat deur Patrick Tuipulotu aangevoer gaan word is daar ook ‘n string All Blacks in die span. Caleb Clarke, Damian McKenzie, Sevu Reece, TJ Perenara, Aaron Smith, Rieko Ioane, Anton Lienert-Brown en Ardie Savea gaan deel wees van hierdie skouspel.
Die Noorde word gekies uit Auckland, Wellington en Manawatu-Wanganui met die Suide wat hoofsaaklik uit Canterbury, Tasman en Otago gekies is.
Die game word Saterdag 5 September 09:00 uur SA tyd uitgesaai.
SA RUGGA CHUNKS
Die groen lig is aan ou grote! Nou gaan ons braai!! Die Super Hero games gaan op 26 September op Loftus plaasvind, maar ongelukkig sonder toeskouers weens die COVID-19 protokol. Die Bulle gaan teen die Haaie speel met die Stormers wat teen die Leeus sal uitdraf.
Die plaaslike kompetisie sal dan hopelik op 10 Oktober afskop. Die sewe unies wat gaan deelneem is die Pumas, Griekwas, Leeus, Cheetahs, Bulle, Stormers en die Haaie.
Nag ou grote...
