VLU Northam-tak hou vergadering

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak is steeds aan die gang gedurende die landswye inperking. Hulle het op Donderdag 6 Augustus via WhatsApp vergadering gehou. Gedurende hierdie vergadering is belangrike inligting gedeel rakende die 2020 kongres.
Anette Botha het ‘n video gedeel oor hoe om basiese fondant blomme te maak. Lede het ook ‘n geleentheid gekry om te spog met hul gehekelde mandala artikels.
Om deel te wees van VLU Northam of vir enige inligting, kontak Chantell Steynberg gerus by 061 326 2724.
