Thabazimbi-Suid-tak versprei kospakkies

Thabazimbi – AfriForum Thabazimbi-Suid-tak het verlede week gehelp om kospakkies aan behoeftiges in die omgewing van Kromdraai, Leeupoort, Koedoeskop en Rooiberg te versprei. Die inhoud van die kospakkies word onder andere deur boere in die Thabazimbi-Suid-omgewing geskenk.
“Mense kry tans baie swaar. Dis belangrik dat gemeenskappe mekaar in tye van nood ondersteun en ophef. AfriForum is dankbaar vir elke skenking wat die tak bemagtig om lede van die gemeenskap te help,” sê AfriForum Thabazimbi-Suid-tak waarnemende voorsitter Karen Bekker.
“Daar is krag in gemeenskappe wat saamstaan. Die tak sal deurlopend by die verspreiding van voedsel betrokke wees,” sê AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo Magdel Strauss.
Raak betrokke by AfriForum se Thabazimbi-Suid-tak: SMS jou naam na 45340 (R1).
AfriForum persverklaring, 6 Julie 2020
