VLU Northam-tak doen hul deel in die geveg teen COVID-19

Northam – Die dinamiese groep vrouens van die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het met ywer gespring om hul deel te doen in die geveg teen COVID-19. Lede het hard gewerk om maskers te maak vir Laerskool Platina voor die skole op Maandag 8 June heropen het. Elke personeellid het ‘n masker en ‘n spesiale koekie ontvang om hul te bemoedig vir die taak wat voorlê.
Gedurende die nasionale inperking het VLU Northam-tak ook vergadering gehou op WhatsApp. Daar het elke lid ‘n ‘selfie’ gedeel om te wys sy is deel van die vergadering. Inligting van kompetisie artikels is gedeel en die lede is ook moed ingepraat om positief en gesond te bly gedurende die inperking.
Om deel te wees van VLU Northam of vir addisionele inligting, kontak Chantell Steynberg gerus by 061 326 2724.
