Thabazimbi se vervalle arboretum [Skrywe aan die redakteur]
![Thabazimbi se vervalle arboretum
[Skrywe aan die redakteur]](/img/articles/arb.jpg)
Thabazimbi – Thabazimbi se arboretum is veronderstel om ‘n fasiliteit te wees waar die gemeenskap, skole en kleuterskole se leerders meer kan leer oor bome, plantegroei en selfs geologie.
Ongelukkig is die area vir opvoedkundige funksies en ekskusie verwaarloos en misbruik. Die arboretum word geplunder deur mense wat hout uitsaag en word ‘n ashoop waar mense hul vuilgoed stort. Daar is selfs mense wat in skuilings bly op die grond.
Dit is vir my hartverskeurend om te sien hoe so belangrike aanwins vir die gemeenskap so vervalle is. Ek self het al vele versoeke aan die munisipaliteit gerig om die area in stand te hou, maar na twee jaar is daar steeds niks aan die eens pragtige park gedoen nie.
As gevolg van die onbeheerde toegang is dit ‘n brandgevaar vir die huise rondom die area asook vir die gemeenskap aangesien daar nie brand paaie om die heinings is nie. Ek glo ook dat beheer makliker sal wees as die polisie net so nou en dan ‘n draai in al die parke maak vir sigbaarheid.
Dit is so pragtige area met soveel goeie doeleindes. Kan ons as ‘n gemeenskap nie saam staan om te bewaar nie?
Thabazimbi natuurliefhebber
