Community

Totsiens dominee De Jager

30 March 2020 · Platinum Bushvelder

Totsiens dominee De Jager

Thabazimbi – ‘n Groep senior lidmate van die Nederduitse Gereformeerde (NG) Kerk Thabazimbi het op Woensdag 18 Maart totsiens gesê vir dominee JZ de Jager.

As predikant van dié NG Kerk gemeente het hy saam met Tinus Benadé gereeld die biduur afgewissel.

Hy het beslis ‘n spesiale plek ingeneem by die Bosveld Oord, Sonskyn Oord, Huis Immergroen en die NG Kerk se senior lidmate.

Baie dankie aan die vrouens van En-Gee-Kombuis wat die eetgoed voorberei het; Kobie Coetzee, Ronel Greeff, Annetjie Meintjies en die dames van Bosveld Oord; Tillie la Grange, Babs van Wyk en Dalien van der Westhuizen.

Dankie aan Mona van Helsdingen, Lorraine Dorfling en Ria Kok wat die tafels gedek het. Pietie Terblanché het vir dominee De Jager gegroet namens die Aliza-Aviela Bediening en vir Marie du Plessis gelukgewens met haar verjaardag.

 

Dominee JZ de Jager
NG Kerk Thabazimbi senior lidmate het byeengekom om dominee JZ de Jager te groet.
Van links: Rachel Rivers, Hannie Bezuidenhout, Enna Joubert en Sussie du Plessis.