HFM skiet ‘n kolskoot

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se boogskuts het die naweek van 14 Maart deelgeneem aan die Ekurhuleni binnehuis kampioenskappe in Kemptonpark.
Die skutte behaal die volgende uitmuntende prestasies:
Ameij Broekhuizen | eerste plek | junior meisies vryskut afdeling - 292 uit 300 punte met 26 kolskote
Kruger van Zyl | eerste plek | junior seuns boogjagter afdeling - 292 uit 300 punte met 32 kolskote
Maya Broekhuizen | eerste plek | junior meisies boogjagter afdeling - 291 uit 300 punte met 22 kolskote
Selkirk von Wielligh | tweede plek | jong volwasse mans boogjagter afdeling - 277 uit 300 punte met 18 kolskote
Liezelotte Smit | derde plek | junior meisies boogjagter afdeling - 270 uit 300 punte met 12 kolskote
Shanel Furstenberg skiet 270 uit 300 punte in die junior meisies boogjagter afdeling met vyf kolskote.
Dit was Smit en Furstenberg se eerste kompetisie en hul het besonders goed gevaar.
Donovan van Staaden kon om mediese redes ongelukkig nie deelneem nie.
HFM is baie trots op hierdie boogskuts.
