Community

VLU Northam aangewys as Top Tak van die jaar

20 March 2020 · Platinum Bushvelder

VLU Northam aangewys as Top Tak van die jaar

Northam - Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op Woensdag 11 Maart saam met die hele Bosveldstreek konferensie gehou. 


Die Northam-tak is aangewys as Top Tak van die jaar en ontvang ook die volgende pryse: Derde hoogste totaal, hoogste totaal in fotografie, hoogste totaal in handvlyt, hoogste totaal in preservering en hoogste totaal in gebak. 


Van die lede het ook erkenning ontvang vir hul verskeie talente.
Om deel te wees van VLU Northam of as daar enige navrae is, kontak vir Chantell Steynberg 061 326 2724.

Mari Meintjes ontvang pryse vir handvlyt, masjienwerk, breiwerk en lid met die meeste pryswennende artikels.
Van links: Natasha Prinsloo, Lizelle Guba, Annette Botha, Ria Strydom, Chantell Steynberg, Riana Oosthuizen, Desré jansen van Vuuren, Frannette Pienaar, Karin Swanepoel, Christelle Loots, Tersia Potgieter en Celia Goosen het die konferensie bygewoon.