Oud HFM onderwyser oorlede

Thabazimbi - Die geliefde Thabazimbi inwoner, Gert Schoeman, is op Vrydag 28 Februarie oorlede.
Schoeman, was vir baie jare ‘n onderwyser by Hoërskool Frikkie Meyer waar hy ‘n spesiale plek in menige leerders se harte verwerf het en het later by Laerskool Thabazimbi as terreinopsigter aangesluit.
Sy gedenkdiens vind plaas op 6 Maart om 14:00 vanuit die Hervormde Kerk Vliegpoort Thabazimbi.
Ons betuig ons innige meegevoel aan Schoeman se familie en vriende.
