Boernor veilingskrale terug in aksie

Northam - Die Northam Boerevereniging – Boernor se veilingkrale is weer in volle swang, nadat die vier maande lange verbod op veilings op Maandag 17 Februarie opgehef is.
Die verbod is oorspronklik ingestel as gevolg van ‘n uitbreek van bek-en-klouseer wat die land getref het.
Boernor het heelwat spandeer om die veiling krale op te gradeer om te voldoen aan die vereistes vir Biosekerheid. Dit sluit in voetbaddens met missproeiers vir alle besoekers wat die groen area betree.
Wielbaddens met sproeiers vir alle voertuie sowel as ‘n veearts werkstasie met kop en lyfklampe. Ook ʼn volledige stel ontsmettings kleedkamers vir persone wat met die vee werk.
Daar is ook nou rooi krale wat spesifiek vir siek vee soos beeste en skape opgerig is.
In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder het Boernor Veilingskrale voorsitter Prof Erasmus meer vertel oor die vereistes vir mense wat diere by die kraal op veiling wil plaas.
“Die reëls is baie streng en moet toegepas word deur voornemende kopers en verkopers by veilings.”
Volgens Erasmus moet verkopers die volgende dokumente kan voorsien:
- Die voorgeskrewe artikel 6 en 8 vervoer dokument
- Afskrif van eienaar se diere identifikasie brandsertifikaat
- Afskrif van die eienaar se identiteit dokument
- Gesondheidsertifikaat deur eienaar/veearts
- Beeste moet gebrand en kleinvee getatoeëer wees
