Schools & sport

Die bosveld kuier saam rugby legendes

28 February 2020 · Platinum Bushvelder

Die bosveld kuier saam rugby legendes

Thabazimbi - Hoërskool Frikkie Meyer (Frikkies) het op Vrydag 21 Februarie ‘n suksesvolle Aand van Legendes aangebied. 


Die kaartjies vir die aangeleentheid is reeds vroeg uitverkoop en almal was baie opgewonde om die aand saam met die gassprekers Bakkies Botha, Daniel Gerber, Ampie le Roux, Moaner en Wikus Van Heerden te kuier.


Tydens die aand is twee truie wat deur Joost Van Der Westhuizen geteken is opgeveil. Legendes, oud-Frikkies en HFM-familie het almal heerlik saam gekuier.

Rugby legende Moane van Heerden is ‘n ou-HFM leerder.
HFM personeel saam met Bakkies Botha.
Hoërskool Frikkie Meyer hoof Collin Cambell (links) en Bakkies Botha.