Laerskool Thabazimbi vier Valentynsdag

Thabazimbi - Laerskool Thabazimbi het op Vrydag 14 Februarie die dag van liefde op ‘n spesiale manier gevier.
Die personeelkamer was vol ballonne en die lekkerste eetgoed terwyl die kinders ‘n heerlike piekniek met allerhande lekkernye geniet het op die groen gras.
