HFM is tops!

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) is ‘n bewonderenswaardige skool geleë in Thabazimbi. Die kultuur van die skool word gebou op Christelike waardes en sluit betroubaarheid, goeie burgerskap, verantwoordelikheid, respek, omgee en regverdigheid in.
Akademie is vir HFM ‘n kernbesigheid. Met 27 vakrigtings ontwikkel hulle leerders tot hul volle potensiaal. Hul belê in die toekoms deur leerders met kennis en vaardighede te bemagtig.
Op die sportveld maak hul ook groot aanslae deur ‘n verskeidenheid sportsgeleenthede aan te bied en spog met hope talent wat gereeld provinsiale vlakke bereik. Die sukses is nie net te danke aan die harde werk en talent van hul atlete nie maar ook aan goeie gemeenskap- en ouerbetrokkenheid.
HFM verstaan die belangrikheid van kultuur en daarom glo bied hul ‘n gebalanseerde keuse van verskeie kuns en kultuur aktiwiteite as buitemuurse bedrywighede aan. HFM se revue wat elke tweede jaar plaasvind is ‘n hoogtepunt in die Thabazimbi gemeenskap se dagboek.
Die skool spog ook met ‘n spog koshuis wat ‘n huis weg van die huis af vir leerders is.
Met die topgehalte personeel wat toegewy en trots is op hul beroep, kan jy weet jou kinders is in goeie hande.
Die grootste dryfkrag agter die skool se sukses is hul hoof meneer Collin Campbell. Hy het ‘n passie vir die skool, personeel en leerders.
