Schools & sport

HFM se super skaakspeler

14 February 2020 · Platinum Bushvelder

HFM se super skaakspeler

Thabazimbi - Daniël van Zyl, ‘n leerder van Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) het van Dinsdag 4 tot 7 Januarie die Bojanala skaakspan by die Suid Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe te Kempton Park verteenwoording. 


Hy wen meer as 50% van sy rondtes en ontvang ‘n medalje asook ‘n toekenning vir die beste o/18 speler in die Bojanala span. Welgedaan aan Daniël van Zyl.

Van links: Skaak afrigter Rianda van Rensburg, Daniël van Zyl en buite kurrikulêre hoof Henko Smith.