2020 Superugby

Blues vs Chiefs
In Hamilton behaal die Chiefs ‘n goeie oorwinning oor die Blues en wen 37-29. Die Chiefs se nuutverkose coach, Warren Gatland, kon nie vir ‘n beter begin gevra het nie.
Die Chiefs was met rustyd 5-19 agter maar het in die tweede helfte die krane begin oopdraai.
Die Chiefs se volgende tuis game teen die Crusaders gaan ‘n riller wees. Die Blues draf teen die Waratahs in New Castle uit.
Brumbies vs Reds
In ‘n tipiese Aussie derby, redelik vervelig, slaag die Brumbies daarin om die Reds in Canberra met 27-24 te troef. Die Reds was met rustyd 17-7 voor maar het in die tweede helfte fokus verloor.
Die Brumbies speel volgende teen die Rebels in Canberra terwyl die Reds Johannesburg toe reis om teen die Leeus uit te draf.
Haaie vs Bulle
Die Haaie wen 23-15 in Durban in ‘n koppe stamp SA derby. Dit was in die geheel nie die tipe ruggas waarvoor ondersteuners stadions toe gaan nie, maar ‘n wen is seker ‘n wen ou grote.
Beide hierdie spanne sal baie vinnig hulle spel peil moet optel anders gaan dit weer ‘n lang super nagmerrie word.
Die Haaie reis na doer onder en speel volgende teen die Highlanders in Dunedin.
Die Bulle reis Kaapstad toe om teen die Stormers uit te draf.
Sunwolwes vs Rebels
Die Japanese Wolwe met ‘n ex-SA skrummie en voormalige Haai losskakel behaal ‘n goeie oorwinning oor die Rebels in Fukuoka en wen 36-27. Rudy Paige en Garth April het puik vertoon in die oorwinning oor die rebelle.
Die Wolwe geniet ‘n loslootjie in week twee met die Rebels wat in Canberra teen die Brumbies gaan uitdraf.
Crusaders vs Waratahs
Die verdedigende kampioene het stadig begin maar draai krane behoorlik oop in die tweede helfte om die Tahs 43-25 te klop. Die Saders wat groot name soos Read, Whitelock en Crotty verloor het, het getoon dat hulle stelsel om jong spelers deur te bring moontlik die beste in wêreldrugby is.
Die Waratahs speel volgende teen die Blues in Newcastle en die Crusaders moet Hamilton toe reis om teen die Chiefs te gaan uitdraf.
Stormers vs Hurricanes
Op Nuweland klop die Stormers die Hurricanes 27-0. Sover vasgestel kan word is dit die eerste keer dat die eens magtige span van Nieu-Seeland met ‘n nulletjie tevrede moes wees.
Soos verwag is die Kapenaars se vories iets ysliks en die gewese Walliese senter, Jamie Roberts, het ‘n groot impak vir die agterlyn gemaak.
Die Stormers speel volgende teen die Bulle op Nuweland. Die Canes moet Buenos Aires toe reis om teen die Jaguares uit te draf.
Jaguares vs Leeus
Die Leeus se aanslag in 2020 het rampspoedig begin ou grote. Hulle verloor teen ‘n uiters gemotiveerde Argentynse span 38-8. Teen rustyd was hulle nog in die game maar in die tweede helfte val hulle heel uit die bus uit.
Goeie nuus vir Jo’burgers is dat die yster Jaco Kriel ‘n drie jaar kontrak geteken het met die Leeus.
Die Leeus speel volgende teen die Reds in Jo’burg met die Jaguares wat tuis teen die Hurricanes gaan uitdraf.
En net so terloops vir die rekord, die Franse het die Engelse behoorlik geklop in die eerste Ses Nasie toets... Arme Ed en ‘n gebroke Farreltjie.
Nag ou grote...
