Schools & sport

Voortrekkers hou waatlemoenfees

31 January 2020 · Platinum Bushvelder

Voortrekkers hou waatlemoenfees

Thabazimbi – Die Ysterberg Voortrekkers het hul jaarlikse verrigtinge afgeskop op Woensdag 15 Januarie.


Soos per tradisie het die jongspan weer waatlemoenfees gehou en almal is aangemoedig om ‘n maatjie saam te bring. Die fees was net die begin van hope pret wat in 2020 vir die Voortrekkers voorlê.


Almal was taai van kop tot tone maar het geskaterlag terwyl hul peusel aan sappige stukke waatlemoen.


Die Voortrekkers is ‘n Afrikaner jeugorganisasie wat in 1931 in Suid-Afrika gestig is met die doel om kinders meer te leer van Afrikanerskap, burgerskap en Christenskap.


Elke Woensdagmiddag van 17:00 tot 18:00 word Voortrekkers aangebied by Smartbrains. 
Indien jy wil deel wees van die Voortrekkers, kontak Danie Naude op 082 738 6737 vir meer inligting.

Laat die fees begin   
Sophia Jarman, smul aan waatlemoen
Lekker waatlemoen vir almal.
Amori Weatherall, geniet haar stuk waatlemoen.