Headlines

Thabazimbi op sy knieë op SWART MAANDAG

3 November 2017 · Platinum Bushvelder

Thabazimbi op sy knieë op SWART MAANDAG

Thabazimbi – Met die enorme toename in gewelddadige misdaad en die meegaande brutaliteit, het Suid Afrikaners hul Maandag, 30 Oktober, tot openbare verset teen misdaad en plaasmoorde gewend. ‘n Beroep is op die publiek gedoen om in gebed te verenig en swart te dra as teken van rou en uit simpatie met duisende wat die afgelope drie en twintig jaar hul lewens as gevolg van misdaad verloor het.

Peet van Breda het ‘n bymekaarkoms vir Thabazimbi van stapel gestuur.

In ‘n onderhoud met die Platinum Bushvelder koerant, sê Van Breda: “‘n Reeks plaasaanvalle met groot lewensverlies het ‘n duidelike boodskap uitgestuur dat die huidige regering en polisie geen beheer oor misdaad het nie en dat daar ook geen wil is om die landsburgers te beskerm soos deur ons grondwet bepaal nie. Ons landsgrense is onbewaak en onwettige kriminele elemente het ons gemeenskappe ingedring. Geweldige toename van dwelm handel en dwelm verslaafdheid kan ook opgemerk word in gemeenskappe.”

Te midde van vele oproepe deur verskeie instansies het die geweldsmisdade ernstig toegeneem en selfs ons staatsmasjien, skole, hospitale en vele ander gebiede binnegedring. “Die wil van die regering ontbreek om daadwerklik in te gryp en gaan hand aan hand met ekonomiese onstabiliteit en afname in toerisme en selfs werkskepping word beïnvloed deur onstabiliteit,” sê Van Breda. “Middele ontbreek in ons staat veiligheidsektor om beheer uit te oefen en noodsaak die publiek om aangewese op hul eie aksies te wees, om nie net nasionaal nie maar ook internasionaal die aandag op hul verguising van mense regte te vestig.”

Daar was dan ook ‘n oproep tot volhardende gebed en uiterste pogings om veiligheid aan die dag te lê om sodoende lewens verlies te voorkom.

30 Oktober was 'n dag van rou...

In Australië en Nieu-Seeland was mense reeds in Swart geklee om eer te betoon aan díe wat hul lewens verloor het, toe sterf nog 2 van ons mense...

Teen sonop in Suid-Afrika, toe almal regmaak om na hul onderskeie byeenkomste te vertrek, sterf nog twee van ons mense en, terwyl ons hier in die VSA in ons roudrag was, sterf nog 'n man in Stellenbosch en nog ‘n boer in Fochville... 6 van ons mense in minder as 30 uur!

In hierdie selfde tyd weer ‘n vrou in Marquard aangeval en ‘n man van Klapmuts word aangeval en beland in die hospitaal met meswonde.

Vandag rou ons opnuut vir:

  • 29 Oktober – bejaarde man (76) – doodgeslaan in sy huis – Southport, KZN.
  • 30 Oktober – Sarel Erxleben (62) – doodgeskiet in sy huis – Deneysville, Vrystaat.
  • 30 Oktober – Barry Baard – doodgeskiet in sy huis op sy plaas – Ficksburg, Vrystaat.
  • 30 Oktober – Bokkie Potgieter (73) – met ‘n mes doodgesteek op sy plaas – Vryheid, KZN.
  • 31 Oktober – Piet Verster (44) – met ‘n skerp voorwerp in sy huis doodgesteek – Stellenbosch, Wes-Kaap.
  • 31 Oktober – Willie Barnard - vermoor op sy plaas - Fochville, Gauteng.

Informasie: Peet van Breda

Met die enorme toename in gewelddadige misdaad en die meegaande brutaliteit, het Suid Afrikaners hul Maandag, 30 Oktober, tot openbare verset teen misdaad en plaasmoorde gewend. Op SWART MAANDAG het Thabazimbi op hul knieë gegaan om die Here te vra om ons land, ons boere, ons mense en ons kinders te seën en te spaar.
Peet van Breda het ‘n gebed gedoen waar die nagenoeg 500 mense in eerbied hul koppe en knieë gesak het. Swart en rooi ballonne is die hemel ingestuur ter nagedagtenis vir die boere en gesinne wat omgekom het in plaasmoorde.
Chris Else het De La Rey en die Stem van Suid Afrika gesing.
Die gemoedere van die gemeenskap van Thabazimbi is swaar. Kort-kort het iemand ‘n traan afgevee terwyl Van Breda verduidelik het hoe seer die gesinne het wat mense aan plaasmoorde afgestaan het. “Broodwinners is uit gesinne uitgeruk,” sê Van Breda. “Dit gaan nie oor swart of wit nie, dit gaan oor mense wat onnodig uit die samelewing uitgeruk is.”