Schools & sport

HFM AKADEMIE IS TOPS!

24 January 2020 · Platinum Bushvelder

HFM AKADEMIE IS TOPS!

Thabazimbi – Die Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) Graad 12 klas van 2019 het weereens bewys dat die skool se akademie van uitstaande gehalte is. Akademie bly die grondslag van HFM, wat steeds een van die toonaangewende skole in Limpopo bly in die opsig.


HFM is een van vier Waterbergskole wat uitgenooi was na die provinsiale toekenningsgeleentheid op Woensdag 8 Januarie. 


Miné Lategan, die 2019 hoofdogter het die spoggeleentheid bygewoon.


Die skool spog met ‘n slaagsyfer van 96.64% waarvan 65.75% van die groep universiteitstoelating het, 30.13% toegang tot diplomastudies en 4.10% toegang tot sertifikaatstudies.


Hul behaal ook 156 A-simbole, 162 B-simbole, 150 C-simbole en 202 D-simbole.

Baie geluk aan die top presteerders:

 

  • Miné Lategan - sewe onderskeidings.
  • Hugo van Niekerk - sewe onderskeidings.
  • Teswell Cloete - sewe onderskeidings.
  • Elize-Marie Coetzee - vyf onderskeidings.
  • Lara du Plessis - vyf onderskeidings.
  • Debbie Kuhn - vyf onderskeidings.
  • Tacia van Wyk - vyf onderskeidings.
  • Daneel Jacobs - vier onderskeidings.
  • Tjaart Pelser - vier onderskeidings. 
  • Dirco Slabbert - vier onderskeidings.
  • Sumarie Schutte - vier onderskeidings.
  • Alwyn Burger - drie onderskeidings.
  • Jo-Lize Butler - drie onderskeidings.
  • Gerdie du Plessis - drie onderskeidings.
  • Jani du Plessis - drie onderskeidings.
  • Mijaenne  Grové - drie onderskeidings.
  • Christof Peyper - drie onderskeidings.
  • Allanize Teessen- drie onderskeidings.
Miné Lategan
Hugo van Niekerk
Teswell Cloete