Headlines

Wat is die bohaai oor die spekboom?

24 January 2020 · Platinum Bushvelder

Wat is die bohaai oor die spekboom?

Thabazimbi – Die Portulacaria afra of spekboom soos hy meer bekend is, word beskryf as die wonderplant.


Die klein plantjie met heldergroen, sirkelvormige blare het die vermoë om tot 4 ton koolstof per hektaar in te neem. Die beteken dat dit nie net ‘n mooi plantjie is nie maar ook help om aardverwarming te beperk.

Die tegniek verbeter ook die kwaliteit van die lug wat ons inasem.
Spekbome is ‘n eg Suid-Afrikaanse plant wat inheems is aan die Oos-Kaap waar olifante graag aan hul lekker blare smul. 


Water is ook nie ‘n probleem vir die omgewingsvriendelike plantjie nie omdat hy droogtebestand is en op 250mm tot 350mm water per jaar kan oorleef en ongelooflik aanpasbaar is.


Al wat jy nodig het om die groen wonderwerk in jou tuin te hê is om ‘n stukkie van ‘n spekboom af te breek en dit vir so twee dae uit te droog. Daarna druk jy die stukkie in die grond, gee dit ‘n bietjie water en voor jy jou oë uitvee het jy jou eie spekboom.


A Lo Ha Keiki Kleuterskool het alreeds in 2019 begin om die plante deel van hul kleuterskool tuin te maak.
So doen die wêreld ‘n guns en plant ‘n spekboom!

Ruwan Röhrs plant sy spekboom.
Anaé Murray het ook haar deel gedoen vir die omgewing.