Schools & sport

Rugga Chunks 2020

17 January 2020 · Platinum Bushvelder

Rugga Chunks 2020

Die 2020 Super Hero Ruggas spyskaart is op die tafel ou grote, Sondag 19 Januarie speel die vier SA spanne vriendskaplik in Soweto.


Die eerste game is 13:00 met die Black Panthers (Haaie) wat gaan kragte meet met Captain America (Blou Bulle). Die Bulle word vanjaar versterk met spelers soos Morné Steyn, Josh Strauss, Wian Herbst en Juandré Kruger. Proefnemings is aan die orde van die dag - Cornal Hendricks op buite senter vir die Bulle getuig daarvan. Elke span kan van 28 spelers gebruik maak. Thor (Stormers) en Spider Man (Lions) draf 15:15 uit met Siya Kolisi wat voor gaan uitdraf vir die Stormers. 


Ander nuus is die spog vertoning wat Kwagga Smit vir sy Japanse Klub, Yamaha Jubilo’s gehad teen Toyota Verblitz met Willie Le Roux op sy stukke. Yamaha klop Verblitz 31-29.


Slegte nuus vir die Cheetahs is dat die kookwater haker, Joseph Dweba, groener weivelde in Frankryk gaan soek. 


Die verkope van Charcoal, Braaihout , tjoppies, boerewors en yskoue verversings gaan blykbaar die naweek die hoogte inskiet, 
Die 2020 rugga vure gaan hoog brand...
Nag ou grote...