Headlines

Studiehulp vir Afrikaanse studente 

17 January 2020 · Platinum Bushvelder

Studiehulp vir Afrikaanse studente 

Limpopo - Die Solidariteit Helpende Hand Studietrust (HHTS) sal in 2020 ongeveer 1 300 Afrikaanssprekende studente se studies vir 2020 befonds met die R43,7 miljoen wat aan hulle beskikbaar is vanjaar.

HHTS hoof Stefan Pieterse sê dit is die resultaat van die publiek se oop harte en hande asook 200 onafhanklike donateurs wat hulle eie studiefondse deur die HHST befonds.

Die HHST handhaaf tans ʼn terugbetalingskoers van meer as 90% van afgestudeerde studente wat hul rentevrye studielenings terugbetaal. 

“Dit is die krag van ʼn helpmekaar-kultuur. Vandag word jy gehelp, môre help jy iemand anders,” het Pieterse afgesluit. 

Uittreksel uit Solidariteit Helpende Hand persverklaring – 10 Januarie