Welkom by die Hoërskool

Thabazimbi - Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) was gevul met hoopvolle jong gesigte van nuwe Graad agt leerders.
Die leerders het op Woensdag 15 Januarie amptelik die eerste hoofstuk van hul hoërskoolloopbaan begin.
Een van die nuwe leerders is Luan Ras. In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder vertel hy dat alles nog vreemd en anders is maar dat hy ongelooflik opgewonde is om in HFM te wees.
Matrikulant Henry Taylor het ‘n paar wyse woorde meegedeel “Ek onthou nog my heel eerste dag van Graad agt, dit was op tye baie oorweldigend maar op die einde van die dag gevul met goeie herinneringe. Byt vas, dinge raak net beter.”
HFM berader Melanie Meyer het ‘n spesiale boodskap vir die nuwe jong klomp: “My wens vir die Graad agts die jaar is dat ons ‘n verskil in hulle lewens kan maak, en wanneer hul klaar is met skool, hulle daai verskil sal uitleef.”
