Community

SAVF bederf bejaardes

20 December 2019 · Platinum Bushvelder

SAVF bederf bejaardes

Rustenburg – SAVF Thabazimbi het op Woensdag 4 Desember bejaardes van Thabazimbi en omliggende areas bederf met ‘n heerlike Kersete.


Inwoners van Bosveld Oord, Huis Immergroen en Sonskyn Oord het die ete bygewoon, met ‘n heerlike hoofgereg en bederf-lekker nagereg.

Elkeen is huistoe met ‘n engeltjie wat A Lo Ha Keiki Kleuterskool en Smart Brain Kids se kleuters vir hulle met liefde gemaak het. Kuikenden Kleuterskool se kleuters het vir hul ook mooi servet houertjies gemaak. 

“Ons wil graag elke bejaarde bedank wat die dag saam ons deurgebring het. Ons wil ook dankie sê aan Twilight Breeze wat altyd vir ons die versiering borg,” het SAVF skakelbeampte Christelle Barnard in ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder gesê.

A Lo Ha Keiki Kleuterskool en Smart Brain Kids se kleuters het engeltjies gemaak.
Servethouers wat gemaak is deur die kleuters van Kuikenden Kleuterskool.
Lede van die SAVF Thabazimbi wat betrokke was by die beplanning.
Ongeveer 45 bejaardes van Thabazimbi het die Kersete bygewoon.