Schools & sport

RUGGA CHUNKS en so aan...

20 December 2019 · Platinum Bushvelder

RUGGA CHUNKS en so aan...

Manne en manninne, 

  • Die Superuggas skop af op 31 Jan 2020 ou grote. So net na die Kersfeesvieringe sal deeglike beplanning weer aan die orde van die dag wees ou groene... lapa en braai moet weer op standaard wees... en sommer die nuwe ysmasjien wat pappa as Kersgeskenkie kry vir een van die hoogtepunte vir 2020.
  • Die Stormers gaan teen die Hurricanes op 1 Februarie 2020 in Kaapstad uitdraf met die Leeus wat Argentinië toe moet reis vir ‘n katgeveg met die Jaguares.
  • Die Haaie gaan teen Rusland op 10 Jan 2020 in Durban in ‘n vriendskaplike game speel om bietjie op te warm.
  • Op Sondag 19 Jan 2020 is dit  weer die Super Hero’s wat mekaar aanvat en die keer is dit op die FNB Stadion in Soweto. Die Black Panthers (Haaie) speel om 13:00 teen Thor (Stormers). Om 15:15 pak Captain America (Bulle) vir Spiderman (Leeus).

Rustige Kersvakansie ou grote...