Headlines

Kersfees is amper hier!

20 December 2019 · Platinum Bushvelder

Kersfees is amper hier!

Thabazimbi – Terwyl almal die slapies aftel vir Kersfees, is die James-gesin ekstra opgewonde. Dié Kersfees is klein Franco se heel eerste Kersfees.


“Dit gaan so lekker wees om as gesin die dag saam deur te bring. Franco is beslis een van die beste geskenke wat ons nog ontvang het. Hy is ‘n seëning van God en ons sien uit om die Christusfees saam met hom te vier,” het Yvette James gesê.

Yvette en Franco James, reg vir Kersfees!