HSBC SEVENS - DUBAI

Die Blitz Bokke was uitmuntend in Dubai en wen die eerste toernooi van die reeks. Na ‘n wankelrige begin teen Kenia in hulle eerste game, het hulle staal en groot ghoenas gewys en klop die All Blacks in die finaal 15-0!
Die tweede toernooi vind die naweek in Kaapstad plaas en duisende Suid-Afrikaanse ondersteuners word verwag vir die skouspel. Daar is nou baie druk op Neil Powell se Blitze om tuis te presteer maar die klomp ysters het duidelik planne ou groenes.
Die toernooi begin Vrydag die dertiende. Die Blitse speel eerste teen Japan in ‘n tawwe groep met Fidji en die VSA wat geklop moet word om die kwart-finale te haal.
Go Blitse!
