Community

Koekies vir ons boere

6 December 2019 · Platinum Bushvelder

Koekies vir ons boere

Noord-Kaap – Caring Daisies het ‘n projek geloods om fondse in te samel vir die boere in die droogte-geteisterde Noord-Kaap. 


Die Noord-Kaap se boervrouens is hard aan die bak... van Strydenburg regdeur tot Sutherland. Die vroue bak dat dit klap, maar die regte storie is dat daar weer hoop is. Hulle lag en kuier weer en vergeet ‘n bietjie van die droogte, die seer en die lang wag vir reën, terwyl hulle moue oprol en deeg knie dat dit spat. 


Almal kan nie altyd almal help of red nie, maar hierdie projek kan hoop gee vir die boere in nood. 
Jy kan ‘n verskil maak! Koop vandag jou emmertjie koekies vir slegs R100 en gee ‘n familie hoop! 


Die emmertjies word gevul met 600gram gemengde, tuisgebakte koekies en alle fondse word oorbetaal aan die verskillende gemeenskappe wat deel van hierdie projek is. Donasies is ook welkom en elke bietjie maak ‘n emmertjie hoopvol!


Plaas jou bestelling voor 7 Desember deur ‘n epos te stuur na koekies.caringdaisies@gmail.com of kontak Caring Daisies op 086 155 3333.


Caring Daisies is besig om afsetpunte met ‘n sameroepster in elke gebied op te stel. Hulle werk baie streng op ‘n eerste betaal, eerste ontvang basis. Maak dus seker jou emmertjies is reeds betaal of doen die betaling so gou as moontlik. Lekker eet!