RUGGA CHUNKS en so aan...

Manne en manninne,
- Cobus Reinach het hom aangesluit by Montpellier.
- Pollard is deur die Bulle aangewys as hulle beste speler van 2019. Hy gaan ‘n groot leemte los op losskakel.
- Makazole Mapimpi is as die Haaie se beste speler van 2019 aangewys. Mapimpi het ‘n droomseisoen beleef en was ook een van die sterre vir die Bokke in 2019.
- Burger Odendaal is die Bulle se cappie vir die Superreeks in 2020 met Trevor Nkanyane as sy assistent.
- Twee van die wêreld se beste hakers, Rory Best en Schalk Brits, het hulle rugga-lewe afgesluit met die Barbarians se laaste game teen Wallis. In hierdie game het Curwin Bosch geskitter op losskakel en dit is sommer goeie nuus vir die Haaie ou grote.
- Dan du Preez gaan vroeg in die nuwe jaar bY die Bok-groep aansluit. Die yster is blykbaar Duane Vermeulen se opvolger op agsteman.
- Beide die Bokke en All Blacks coaches is nog nie aangewys nie.
- Daar is met leedwese verneem dat Ockie Oosthuizen, gewese Bok voorry, oorlede is weens kanker.
Nag ou grote.
