‘n Spesiale Graad 12-groep

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyers se Graad 12 leerders van 2019 het op Dinsdag 26 November hul laaste vak geskryf en uiteindelik van hul hoërskool loopbaan afskeid geneem. Die geleentheid is op ‘n spesiale manier gevier deur hul skoolklere en skoene agter te laat vir diegene wat dit benodig.
