Schools & sport

SPORT RUGGA CHUNKS en so aan...

29 November 2019 · Platinum Bushvelder

SPORT RUGGA CHUNKS en so aan...

Manne en manninne, 
Cheslin Kolbe se droom-seisoen duur voort. Dié klein yster is as die Speler van 2019 in die Franse top-14 aangewys. 


Cobus Reinach het ook ‘n terugkeer na sy klub Northamton Saints gemaak en het geskitter met uitstaande spel op skrummie.


Die Leeus se nuwe coach, Ivan van Rooyen, het besluit om ervaring in te bring met sy planne vir die 2020 Supereeks. Na die nuus dat Jannie du Plessis vir die Leeus gaan uitdraf in 2020, is daar ook bekend gemaak dat die ‘Tank’ Willem Alberts by die Johannesburgers sal aansluit. Met die slegte nuus dat Warren Whiteley nie in die 2020-seisoen sal kan speel nie, móét hierdie goeie nuus wees. Die voormalige Blou Bul losvoorspeler, Roelof Smit, het ook by die Leeus aangesluit. Daar is voëltjies hoor fluit dat Frans Steyn en Bismarck ook dalk Goudstad toe kom.


Die Blitsbokke se seisoen skop aanstaande week in Dubai af. Coach Powell is vol vertroue dat die manne weer ‘n krag gaan wees in die nuwe seisoen.
Die All Black coach is ook nog nie aangewys nie ou groene...
Lekker naweek ou grote...