Community

VLU Northam-tak sluit die jaar af

22 November 2019 · Platinum Bushvelder

VLU Northam-tak sluit die jaar af

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op Donderdag 14 November hul afsluiting en prysuitdeling gehou op Leeupoort. 


Die lede is bedank vir hul harde werk deur die jaar asook vir die boervrou-bokse wat gemaak is.

“Boervroue lê ons na aan die hart want ons het ook boervroue in ons eie tak. Al die lede wens die gemeenskap ‘n geseënde Christusfees en ‘n voorspoedige 2020 toe,” aldus VLU Northam-tak skakelbeampte Chantell Steynberg.


Hul volgende vergadering is 9 Januarie 2020. Om deel te wees van die VLU Northam-tak, kontak Chantell by 061 326 2724.

Lede van die VLU het 23 boervrou-bokse uitgestuur na hul ‘nuwe’ boervrou-vriendinne.
Van links: Chantell Steynberg, Natasha Prinsloo, Desré Janse van Vuuren, Madeleine Meintjes, Franette Pienaar, Tersia Potgieter en Karin Swanepoel het sertifikate ontvang.
Lede van die VLU Northam-tak het die jaar op ‘n jolige noot afgesluit.