Carols by Candlelight

Thabazimbi – Op Donderdag 7 November het die gemeenskap van Thabazimbi bymekaargekom vir die jaarlikse Spar Carols by Candlelight.
Die geleentheid wat deur Thabazimbi Spar geborg word, is vir die afgelope 12 jaar ‘n hoogtepunt - of dan nou ‘n hoë noot - op Thabazimbi se sosiale kalender waar almal hartlik kan saamsing.
Tydens die jaar se vertoning het Kambako School’s Gumboot Dancers, Kabouterland Kleuterskool, Bliksoldaatjie Kleuterskool, Istores Primary en ‘n plaaslike orkes die aand onvergeetlik gemaak.
