Schools & sport

THABAZIMBI VOORTREKKERS VIER 2019

15 November 2019 · Platinum Bushvelder

THABAZIMBI VOORTREKKERS VIER 2019

Thabazimbi – Op Woensdag 30 Oktober het die Thabazimbi Voortrekkers hul prysuitdelingsfunksie gehou. Met hierdie aand vereer hulle die prestasies wat die kinders bereik het gedurende die jaar. 


Tydens die geleentheid is 14 Voortrekkers ingelyf en het hulle hul kentekens ontvang. Die bestuur is ook ingelyf en die raadslede en leiers is aangewys.


Veldkornet Danie Naude wil die kinders baie geluk wens met hul prestasies en moedig ander aan om deel te word van die Thabazimbi Voortrekkers. Indien jy wil deel wees, kontak Danie op 082 738 6737 vir meer inligting.

Agter van links: Veldkornet Danie Naude en Dylan Wagenaar. Voor van links: Ettiene Pietersen, Jarianca du Plessis en Lindie Alers.