Schools & sport

RUGGA CHUNKS

15 November 2019 · Platinum Bushvelder

RUGGA CHUNKS

Die Bokke sluit hulle ‘victory parade’ af in die moederstad. Duisende Bok-ondersteuners het na die roetes gevlok om hulle helde te kon vereer. Vir die Bokke is dit nou ‘n welverdiende blaaskans na twee tawwe maande oppie veld. 


Na al die opwinding is daar egter ‘n demper op die vreugde, ou grote. Slegs agt van die Wêreldbeker groep sal in 2020 in Super ruggas speel. Die groot uittog het begin... 
Die Beast, Schalk Brits en Flo Louw het hulle uittrede uit rugby aangekondig.


Op hierdie stadium is dit ook nog nie amptelik wie die nuwe Bok-afrigter sal wees nie. So ja, na die party en babelas is daar nog ‘n kopseer vir SA ruggas... En Eddie Jones het nege Springbokke genooi om vir sy Barbarian-span in drie wedstryde te speel.


Scott Barrett is aangewys as die nuwe kaptein van die Crusaders vir die 2020 Superreeks in die plek van Colin Read wat sy uittrede aangekondig het. Heyneke Meyer het handdoek ingegooi in Frankryk en het met onmiddellike effek bedank by Stade Francais. Boonop sê Warren Gatland nee dankie vir die aanbod om die All Blacks af te rig na die uittrede van Steve Hansen.


Na al die lekker braai en Wêreldbeker ruggas sal pappa seker nou weer op par moet kom met die tuinwerkies en mamma se wange sal ‘n paar bars kan afblaas.
Nag ou grote...