Community

Ghost Riders Thabazimbi ploeg terug in die gemeenskap

1 November 2019 · Platinum Bushvelder

Ghost Riders Thabazimbi ploeg terug in die gemeenskap

Thabazimbi – Ghosts Riders Thabazimbi het voedsel-voorraad geskenk aan Thaba Angels op Dinsdag 15 Oktober.


Die fondse vir die donasie is ingesamel tydens hul jaarlikse Poker-Jol waar meer as 100 mense opgedaag het om ‘n bydrae te maak.


In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder sê Ghost Riders Thabazimbi klub president, John Henry:

“Om terug te gee aan die gemeenskap is iets wat baie na aan ons harte lê by die klub. Ons probeer gereeld verskeie fondsinsamelingsveldtogte loods en is dankbaar vir elke persoon wat ons ondersteun.”


Thaba Angels is gestig om ‘n helpende hand uit te ryk aan die gemeenskap se minderbevoorregte mense. Dit is ‘n vrywillige instansie wat help met kos, klere en ander behoeftes.

“Thaba Angels het klein begin maar baie vinnig vlam gevat. Ons is baie dankbaar vir die mense wat met ruim harte soveel donasies gemaak het.

Dit is met ‘n trotse hart dat ek weereens die gemeenskap se liefdegawes ervaar het. Die mense wat hierdie skenkings hanteer het, is Brian Steenkamp, Angelique Loots en Cherise Steyn,” sê Thaba Angels stigter Pierre Loots.

Ghost Riders Thabazimbi lede het die skenking aan Thaba Angels oorhandig.