Neos skuts skiet ‘n kolskoot!

Thabazimbi – Tydens die SA Skole Skyfskiet kampioenskappe vanaf 23 tot 25 September wat in die Kaap gehou is, is Janssen du Plessis van Neos Christian School as die o/14 SA sporter kampioen aangewys.
Hy het ook ‘n nuwe nasionale rekord in die 10m Olimpiese staanafdeling vir o/14 opgestel.
