Headlines

Aubrey wen Mr Planet 2019!

25 October 2019 · Platinum Bushvelder

Aubrey wen Mr Planet 2019!

Vir die eerste keer in die geskiedenis, dra ‘n Suid-Afrikaner die titel van Mr Planet World. 

Setaria - Die Mr Planet World internasionale kompetisie word al vir jare aangebied. Georgia, Europa, het hierdie jaar gasheer gespeel. 


Op Sondag 20 Oktober is ons eie Aubrey Pieterse van Setaria met hierdie gesogte titel bekroon... ‘n eerste vir Suid-Afrika en nogal uit die hart van die Bosveld! 


Aubrey is op 15 Junie as Mr Planet SA aangewys by die Arto Teater te Pretoria. Aubrey is 17 jaar oud en het eers in Mei hierdie jaar begin modelwerk doen by Studio 3 in Thabazimbi waar hy vinnig naam gemaak het.

In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder sê Aubrey: “Ek was baie gespot toe ek jonger was maar na ek my hart vir die Here gegee het, het my lewe handomkeer verander.

Moet nooit opgee op jou drome nie. Jy kan so baie vermag as jy net aanhou om in jouself te glo.”

Aubrey Pieterse het die titel van Mr Planet World in Europa gewen.